You are currently viewing Herman Lategan reveiw
Herman Lategan

Herman Lategan reveiw

‘n Besoek aan Spectacle World het Herman Lategan, bekroonde skrywerjoernalis wat al internasionaal gepubliseer is, se lewe verander.

Ek het moeilik die woorde op my rekenaar se skerm gesien en moes dit telkemale vergroot. Verder het ek minder boeke begin lees, dit was net te veel van ʼn inspanning. Lees is vir my belangrik. Ek het nie besef my sig is swak totdat ek vir die toets gegaan het nie. Hoofpyne is minder.”

“My bril het my lewensgehalte so verbeter. Ek het weer ʼn entoesiasme om boeke flink te lees. Die woorde op my rekenaar is weer leesbaar sonder dat ek dit hoef te vergroot. En ek voel weer produktief en minder tam.”

“Ek beveel Adele en haar span by Spetcacle World ten sterkste aan. ʼn Mens voel op jou gemak, dit is alles baie jollie, tog professioneel.  Ek is so tevrede met my seeblou raam – stylvol en professioneel. Met my sonbril kan ek uitspattig wees, maar met my leesbril is ek modieus en ook professioneel.”

“Ek kry soveel komplimente. Almal is gaande oor my kamp sonbril. Absoluut. Met my leesbril is ek meer ernstig en mense lewer kommentaar op die mooi raam.”

Herman se eerste bundel rubrieke en artikels, Binnekring van spookasems,  het uitstekende resensies ontvang. Verdere publikasies sluit in: Gedigte in New Contrast,  asook kortverhale in o.m. Bloots  en Skrik op die lyf.

 

 

 

Herman Lategan
Journalist and writer