Maak JOU BRIL ‘n bate

Jou bril is jou belangrikste modebykomstigheid. Dis die eerste ding wat mense raaksien en maak ‘n stelling oor wie jy is. Die nuutste brilmodes is interessant, kleurryk en bale opwindend. Adele Camarena, oogkundige en oogmodekenner van Kaapstad, gee raad oor hoe om die perfekte bril te kies.

DEUR KARIN DE BEER

Die mensdom is nou maar eenmaal geneig tot ydelheid en daar is niks mee verkeerd om vir ander en jouself mooi te wil lyk nie. ‘n Bril kan jou voorkoms maak of breek en “Hoe lyk ek?” is gewoonlik die eerste ding wat mense vra as hulle ‘n nuwe bril kry.

“Die hoofdoel van ‘n bril is dat jy goed en gemaklik daarmee kan sien, maar dis net so belangrik dat dit jou goed laat lyk en voel.”

Dis die fokuspunt van jou gesig en moet jou gelaatstrekke komple menteer en jou persoonlike styl en persoonlikheid weerspieel. Dit kan jou selfs jonger laat lyk,” se Adele Camarena, eienaar van Spectacle World in Goodwood, Kaapstad. Jou persoonlike styl bepaal baie van jou voorkeure, soos die motor wat jy ry, se Adele. “Dit kan klassiek, dramaties, kreatief of natuurlik wees en elke styl het ook variasies. ‘n Sakevrou wat van ‘n natuurlike voorkoms hou, kan die klassieke styl vir die werkplek verkies omdat dit vir haar meer selfvertroue gee. As jy weet wat jou styl is en wat by jou pas, kan dit met modieuse kleure en style gekombineer word.” Adele se hulle gebruik die Colour Me Beautifulkleuranalisestelsel om vas te stel watter dominante kleure jou die beste pas. Jou gelaatskleur of ondertoon van jou vel en kleur van jou oe en hare gee ‘n aanduiding van watter raamkleur goed op jou gesig sal lyk. “Mense met donker oe en hare lyk gewoonlik mooi met ‘n donker raam, maar niemand dra swart lipstiffie nie, waarom sal jy dan ‘n swart brilraam kies? Kyk eerder na sterk 6 Die hoofdoel van ‘n bril is dat jy goed en gemaklik daarmee kan sien, maar dis net so belangrik dat dit jou goed laat lyk en voel.

“Balans is die belangrikste wat betref die grootte van jou gesig in verhouding tot ‘n raam.”

Sandra Prinsloo kleure soos donkerrooi, seegroen en skakerings van pers en blou. Donkerblou, smarag en olyfgroen, wat hierdie winter modekleure is, sal ook goed werk. “As jy ligte oe en hare en ‘n vel met ‘n effense blou ondertoon het, behoort jy goed in ligte skakerings van pers, pienk en blou te lyk.Vir mense met rooierige hare, gekleur of natuurlik, kan warm kleure goed werk. “Skakerings van geel is nou baie in die mode en jy sal ook mooi lyk in pers, seegroen, blougroen teal , tamatiepruim persimmon en steenkleur stone .”

“‘n Bril wat jou komplementeer, is ‘n fokuspunt en raak jou belangrikste bykomstigheid.’

‘n Donkerswart raam is meestal nie ‘n goeie keuse nie, tensy jy ‘n baie dramatiese persoonlikheid het, se Adele.”Dit kan baie swaar lyk en jou ouer laat vertoon.” Kontaklense is prakties vir sportmense of andersins Oakleysportrame, veral vir sonbrille.

Neem gelaatstrekke in ag

Jou gelaatstrekke moet in ag geneem word wanneer jy oor die grootte en vorm van die raam besluit.”Balans is die belangrikste wat betref die grootte van jou gesig in verhouding tot ‘n raam. Die lengte van jou gesig bepaal die diepte van jou raam, dus die afstand tussen die bo en onderkant van die raam. ‘n Gemiddelde gesig is effens langer as wat dit breed is. As jou gesig duidelik langer is as wat dit breed is, kies ‘n dieper raam en nie een wat raamloos is of met baie dik kante nie. “As die lengte en breedte van jou gesig bykans dieselfde is, moet die raam nie te diep wees nie. ‘n Reghoekige raam kan goed werk. Vermy te klein rame wat jou gesig in twee verdeel.” Die wydte van jou raam word deur die breedste deel van jou gesig onder jou oe bepaal, wat jou wangbene of kakebeen is. ”

HAAL JOU BRIL REG AF

Gebruik albei jou hande om jou bril op te sit of af te haal. As jy dit met een hand doen, rek jy die armpies uit en jou bril sal later skeef sit. Moenie jou bril op jou kop sit nie, want dit kan die lense olierig maak. As jy agterkom jou bril sit nie meer so gemaklik soos vroeer nie, vra jou oogkundige om die nod ige verstellings te maak.

Jou raam moet in lyn met die breedste deel wees. As dit smaller is, sal die armpies teen die kant van jou kop druk en jou bril vorentoe laat skuif, wat jou gesig voller kan laat lyk. As dit te breed is, sal jou oe nader aan mekaar vertoon en die balans versteur.” Jou oe moet in die middel van jou lense wees en jou raam moet min of meer die lyn van jou wenkbroue volg.”Die boonste deel van die raam moet in lyn met jou wenkbroue wees of net daaronder. Dis onvleiend as dit bokant jou wenkbroue sit.” 64 Bruis Mei Junie 2024 Volgens Adele is dit noodsaaklik dat die raam baie goed oor jou neus se brug pas.”As dit te wyd is, sal jou bril afsak en sal jy nie goed daarmee kan sien nie. “Doen die glimlagtoets. As jy glimlag, moet jou raam in posisie bly en nie beweeg of teen jou wange opskuif nie. Dis veral belangrik as jou lense multifokaal is. As jou raam opskuif, word die sirkulasie van lug belemmer en jou bril se lense kan vol wasem mak.” Die grootste fout wat jy kan maak as jy ‘n raam Ides, is om bang vir verandering te wees.”Baie mense val terug op gewone swart of bruin rame, want hulle dink dit pas by alles. Onthou, ‘n bril wat jou komplementeer, is ‘n fokuspunt en raak jou belangrikste bykomstigheid.” Dis dalk ‘n intimiderende gedagte om jou swart of skilpaddopraam vir ‘n treffende nuwe een te verruil, maar dis ‘n vinnige, maklike manier om jou voorkoms te vernuwe.”As jy nie gereed is vir ‘n rooioranje raam nie, oorweeg pastelkleure of edelsteengeinspireerde skakerings soos smaraggroen of dieprooi.” Selfs al dink jy dit sal nooit in der ewigheid goed op jou gesig lyk nie, pas dit aan en kyk watter verskil dit aan jou voorkoms maak.”Onsigbare rame is ‘n gewilde alternatief, maar straal nie lewensvreugde, energie en optimisme uit soos helderkleurige assewentigetaatrame nie.” Adele se die modeelement wat bykom, maak oogtoetsbesoeke minder klinies. “Mense sien daarna uit en omdat hulle makliker kom, word oogsiektes soms raakgesien wat andersins nie sou gebeur het nie.”

Modieuse rame en kleure

Die sewentigerjare se modes oorheers steeds die modewereld en rame se vorms is dinamies en kleure lewendig. Katoograme met ‘n plat bokant en die met geometriese vorms soos die seskant is in die kol. Dik rame is steeds in, maar ‘n bietjie ronder en sagter as verlede jaar. Ronde en vierkantige rame is ook vernuwe. Modieuse kleure wissel van sagte perelwit, seeskulppienk, krismisroosblou en vars en olyfgroen tot dieppers, tamatiepruim en die vurigste rooie en gele.

Hou moed met multifokale lense

Vir multifokale lense moet jou raam effens dieper wees. Gelukkig is klein rame nie tans in die mode nie en lense is ook nie meer die sopkomme van weleer nie, maar baie dunner en kan mooi in die meeste rame pas. As jy nog daaraan gewoond moet raak, draai jou neus in die rigting waarin jy wil kyk. As jy net jou oe beweeg, gaan jy deur areas in die lens kyk wat onduidelike visie gee. Hou dit ‘n paar dae lank vol en jou brein sal die res doen. Foto’s Karin Huckfeldt

SKOONMAAKWENK

As jy jou bril met ‘n spuitmiddel en lappie skoonmaak, spoel dit vooraf met water af om enige sanderigheid te verwyder wat die lense kan krap. By die huis kan jy dit met verdunde skottelgoedwasmiddel was, maar pHgebalanseerde seep soos Dove is volgens Adele beter, want dis sag op die lense en raam. As daar ‘n lagie op die lense is, kan te sterk skottelgoedwasmiddel dit beskadig. Jy kan ook babasjampoe gebruik meng een teelepel met ‘n liter water.