Camarena Porter Optometrist Inc. trading as Spectacle World is a complete eye health care facility, which has been caring for the vision needs of our community since 1993.

Our qualified optometrists are most conscientious about their continued education Programme. Our eye health examination includes a comprehensive visual examination, fundus photography, intra ocular pressure test, colour depth perception, eye muscle balance and screening for ocular diseases.
Our qualified optical dispensers are well trained with the latest technology of lenses and lens enhancements as well as taking custom-made measurements to meet the real optical need of the client.

We are proud of our personalized customer service and our delivery of quality eye health services and products. Our team strives to offer outstanding service and optical care to all, from welfare to the well-heeled, with continuous training in the latest optical innovations as well as client care.

Meet the Team

blank

Adèle Camarena

Director / Optometrist

Vanessa

Vanessa Wiese

Optometrist

blank

Gail Cole

Practice Manager / Service Ambassador

blank

Sarel Frieslaar

Optical Lens Consultant / Lab Technician

blank

Jana Olivier

Finance and Administration Manager

blank

Joy Cupido

Lab co-ordinator / Frontline

blank

Danyella Camarena

Assistant

blank

Fadwaa Jacobs

Optical Dispenser

Danyella Camarena

Assistant

blank

Zaytoun Rahim

Contact Lens Orders / Frontline

What our clients say about US

MARINDA ENGELBRECHT

blank

“My een oog is versiende en die ander bysiende. Ek het ‘n lensinplanting gehad en gedog ek sien goed genoeg. Ek het ‘n vermoede Covid het ook my sig bietjie aangetas. Nadat ek my nuwe bril opgesit het, was die hele wereld ‘skoon en mooi’ vir my. Die korrekte lense gee my beter sig.”

“Spectacle World se stileringsproses is ‘n MOET vir elke persoon. Vir te lank vat mense rame sonder om aan die stilering en kleur te dink. Ek kry geweldig baie komplimente nadat Adele (Camarena) my onder hande geneem het. Van jy lyk fantasties tot jy lyk jonger tot jy lyk mooi, en nog meer. Spectacle World, in besonder Adele, Gail en Sarel, het my lewe verander. Hulle het my laat besef dat daar meer is as net die rame wat ek gehad het. ‘n Nuwe fantasie wêreld is vir my oopgemaak. Die Zeiss lense is ook next level nice. Partymaal vergeet ek my sonbril en dan help die lense baie.”

“Ek is so in my skik met my nuwe rame en lense. Wie sal nie wees nie? Ek is gelukkig om redelik enige styl en kleur te kan dra. Brille is vir my ‘n funky bykomstigheid. Ek kies party dae eerste my bril en dan die klere wat daarby pas. Ek word nog altyd herken aan my brille en lipstiek en die nuwe rame laat my trendy voel.”

MARGIT MEYER-RÖDENBECK

blank

“Ek was 47 toe ek vir die eerste keer na ‘n oogkundige is. Meer oor hoofpyne as iets anders. Toe leer ek vir die eerste keer my een oog is versiende en die ander naby. En ‘n mens se oë is sulke spesiale organe, dat hulle net aanpas. Al die jare as ek boek lees, knyp ek dikwels die een oog toe – nou weet ek hoekom. Ek dwaal af. Toe kry ek bril vir ver kyk. Maar dit was nie regtig die oplossing nie, want dis ‘n geoppery en affery en dit beteken jy dra dit nie as jy moet nie en so verswak jou oë verder. Adele (Camarena) se multi-focals het my lewe verander. Eers het ek bietjie soos ‘n dronk tor ge-operate, maar nou… Hemel. My weakness? Wear and tear… Ouderdom, maar 50 is die nuwe 30, so hou oë hou!”

“Multi-focal doen presies wat die woord sê – sien met een bril ‘n hele alles wat ek moet. En duideliker. I can see clearly now, the grain has gone…”

“Toe ek die eerste keer my kind by die skool optel met een van my nuwe brille, toe herken sy my nie. En toe ek vra of die rede is dat ek oud lyk, toe sê sy, nee funky! Kwaliteit van lewe veral verhoog met lees. Kan my nie ‘n lewe sonder boeke en lees indink nie – steeds my gunsteling tyd verdryf en natuurlik so noodsaaklik in my werk. Moet kan lees!”

“Spectacle World N1 Stad rol die rooi tapyt uit. Niks is te veel moeite nie. Hulle is ongelooflik deeglik en raak saam met jou opgewonde. Dis soos dress up-dress up speel met brille, want glo my hulle verskeidenheid brilrame is ongelooflik.”

“Brilrame is soos jewelry – rond jou uitrusting af. En eintlik is mens stupid om nie ordentlik tyd en geld te investeer in die aanskaf van brille en rame nie. Jy dra selde elke dag dieselfde oorbelle en hangertjie, maar jou bril bly dieselfde. Jou bril moet jou mooier laat lyk – moet enhance. Ek was so gelukkig om twee brille elk te kry vir lees en buite. Al vier lyk anders, maar al vier het attitude en ek dra hulle met selfvertroue!”

Ek kry ‘n horde komplimente. En weet jy dis lekker om komplimente te kry. Doen ‘n mens se selfbeeld goed. Het op twee onlangse TV programme waar ek ‘n gas was besluit om ‘n bril te dra. Gewerk soos ‘n bom. Beweeg mos nou bietjie weg van Dolla se beeld, want sy maak die einde van die jaar klaar en die bril help beslis. Snaaks, dis asof mense my ernstiger opvat – dalk wil ek net so glo. Die reaksie is van great, jonger, en aantreklik – meestal seker ‘love die look’.”

Ek het moeilik die woorde op my rekenaar se skerm gesien en moes dit telkemale vergroot. Verder het ek minder boeke begin lees, dit was net te veel van ʼn inspanning. Lees is vir my belangrik. Ek het nie besef my sig is swak totdat ek vir die toets gegaan het nie. Hoofpyne is minder.”

“My bril het my lewensgehalte so verbeter. Ek het weer ʼn entoesiasme om boeke flink te lees. Die woorde op my rekenaar is weer leesbaar sonder dat ek dit hoef te vergroot. En ek voel weer produktief en minder tam.”

“Ek beveel Adele en haar span by Spetcacle World ten sterkste aan. ʼn Mens voel op jou gemak, dit is alles baie jollie, tog professioneel.  Ek is so tevrede met my seeblou raam – stylvol en professioneel. Met my sonbril kan ek uitspattig wees, maar met my leesbril is ek modieus en ook professioneel.”

“Ek kry soveel komplimente. Almal is gaande oor my kamp sonbril. Absoluut. Met my leesbril is ek meer ernstig en mense lewer kommentaar op die mooi raam.”

blank

Herman Lategan

Author

Ek moét ‘n bril dra want ek is oor 40 en bysiende. Maar nadat ek by Spectacle World was, wil ek nou hierdie sin verander.

Ek WIL nou ‘n bril dra, of ek kan sien of nié! Hulle het my gehelp met ‘n kopskuif oor brille. Ek het nooit besef ‘n bril kan ‘n bykomstigheid wees by jou uitrusting, en jou gesig tot sy reg laat kom nie. Ek kon altyd my gesig wegsteek agter die mikrofoon, maar deesdae het selfs omroepers ‘n openbare/visuele lewe.

Ek sit maklik net my bril aan vir Zoom vergaderings of ‘n selfie of om ‘n produk te bemark. My bril is my lipstiek, my oogskadu en my blos! As ek my bril aan het, voel ek ek is nou aangetrek.

My pers en rooi rame voltooi die dramatiese in my, want partykeer trek ek maar vaal aan, maar die brille gee my chutzpah! Die stileringsproses was pret! Dis asof almal daar jou ‘celebrate’ en dan voel jy as kliënt jy kan eksperimenteer met sekere fasette van jouself. 

So, voordat jy vir jou ‘n kledingstuk gaan koop vir ‘n nuwe seisoen, gaan kry eers vir jou ‘n bril! Daar is dalk dimensies in jou wat wag om ontdek te word… laat jou bril dit vir jou doen!

blank

AMORé BEKKER

South African radio personality

“Ek is nou maar eenmaal gek oor ‘n stylvolle bril wat ‘n lekker ‘statement’ maak. Daarom was ek so in die wolke toe Spectacle World my onlangs voorsien het van die stylvolste reeks brille, van Versace tot Oakley en Laura Ashley.

Is dit nou ‘n voorreg om gewapen te wees met meer as een bril? Die een meer stylvol as die ander. Alhoewel my rooi Versace-bril my elke dag se dra-bril geword het, voel ek net so ‘aangetrek’ en uitgevat as ek die slag my ligte pienk Laura Ashley opsit vir ‘n spesiale geleentheid.

Nie net mooi nie, maar ook toegerus met die beste kwaliteit lense, die uiters gesogte Zeiss-lense, naamlik Zeiss Progressive Smartlife Plus-lense met ‘n Duravision Blue Protect Coating.

Kleintyd was ek gefasineer deur my ma se troufoto waar sy met ‘n pikswart katoog-bril haar mooiste glimlag vir die kamera gegee het. Daarom het die moderne katoograme dadelik my oog gevang. Nou kan ek weer mooi fokus en stylvol die wêreld reguit in die oë kyk!

Die groot verskeidenheid brilrame asook die hoë kwaliteit Zeiss-lense is alles te kry by Spectacle World. En jy gaan ver soek vir beter diens en vriendelikheid. Baie dankie weereens Adele en jou span vir jul uiterse professionele diens.”

 

blank

CARMEN NIEHAUS

Author

“Ek is bysiende en sukkel ook met droë oë en geweldige ligsensitiwiteit wat goeie sig moeiliker maak. My nuwe rame bied groter perspektief en is ver genoeg van my oë dat dit nie aan my ooghare raak nie. Die donkerbril se donker lense help ook baie met ligsensitiwiteit.

“‘n Mens besef nie watter effek die korrekte bril op jou lewenskwaliteit het tot jy ordentlik kan sien nie. Dit is wêrelde se verskil wat in my lewe gemaak is. Die personeel is geweldig hulpvaardig. Dit is wonderlik om nie net ‘n professionele oogtoets te ondergaan nie, maar ook ‘n diens wat help met die beste keuse vir jou gesig en persoonlikheid. ‘n Mens is soms bang of voel dom om ‘n vraag te vra of ‘n opinie te lewer, maar daar is geduldig met my deur die proses gesels en voorstelle gemaak. Die stilering het baie gehelp om die regte bril vir my gesigvorm, gelaatstrekke en smaak te kies.

“My rame kry soveel komplimente! Met elke foto wat ek op sosiale media laai vra mense waar ek die bril gekry het. Die blou pas ook mooi by my oë en aangesien die rame groter is, kan mens uiteindelik my oë duidelik sien! Met al die komplimente gee dit definitief meer selfvertroue. Ek hou van ‘n klein quirkiness in my styl en die bril is perfek daarvoor.

“Dit was ‘n groot voorreg om deur Spectacle World genader te word vir nuwe brille. Hulle diens en kennis is eenvoudig op ‘n ander vlak!”

 

blank

MARTELIZE BRINK

Proudly SA Presenter/Producer RSG radio

“Ek het ‘n lensvervanging gehad. Een oog is versiende en die ander een om te lees. Ek vind dit moeilik om te bestuur met die twee verskillende oë. En ek het natuurlik ‘n bril nodig om op die rekenaar behoorlik te kan werk. My nuwe brille het net my lewe soveel makliker gemaak! Dit het bestuur soveel makliker gemaak en die sonbril, wat ook my gunsteling raam is, het my laat besef hoe nodig ek ‘n sonbril met getoetste lense werklik het!

“Die stileringsproses was soveel ‘fun’. Baie, baie professioneel en die verskeidenheid van rame ongelooflik. Ek is so tevrede met my rame. Ek het ‘n veelkleurige, speels ronde bril vir die rekenaar, groot, swart, erg treffende raam vir sonbril,  swart en diamante een om mee te bestuur as ek nie my sonbril dra nie, en nog ‘n swart raam vir lees. Al die rame is vir mooi. Ek is maar ‘n plain Jane, so dit is effe buite my verwysingsraamwerk. My gunsteling is die groot swart sonbril! Ek het altyd groot sonbrille gedra, maar die een maak net meer van ‘n ‘statement’ – so regte Vogue tydskrif bril!

“Dit hele ervaring was wonderlik. Ek het veilig gevoel by Adele en dit was vir my ongelooflik hoe vinnig sy besef het wat ek nodig het. Sy het na my vorige bril gekyk en hom summier verwerp. En sy was reg! Die hele ervaring met almal wat betrokke was, die verpakking, die geskenkies, was ‘n belewenis wat mens graag ander ook aan wil blootstel. Baie dankie vir die enorme bederf.”

blank

ISABELLA NIEHAUS

Stylist/cook/market madame

“Ek is bysiende en my oë is baie sensitief vir skerp lig.  Ek dra al bril vandat ek ‘n tiener is. Ek onthou my eerste dag in Std 7 (graad 9) soos gister. Ons het ‘n onderwyser gehad wat baie klein geskryf het op die swartbord en ek moes vorentoe skuif om te kon sien. Mens besef nie hoeveel detail jy mis tot jy ‘n nuwe bril opsit nie!  

Eenvoudige goed soos om goed oogkontak te maak met iemand is so belangrik. My oë is baie sensitief en ek het ‘anti-glare’ lense gekry – dit maak ‘n reuse verskil! Ek het onlangs langpad gery en kon duidelik voel hoeveel minder moeg my oë was na die rit.

Die stileringsproses by Spectacle World is enig in sy soort. Vir die eerste keer in my lewe het mense belanggestel in my persoonlikheid en lewenstyl met die kies van ‘n nuwe bril. Kleure wat by my pas is ook aan my uitgewys. Ek sal die diens hoog aanbeveel!

My nuwe rame maak my gelukkig… die styl is soort van ‘intellektueel’ met ‘n moderne ‘twist’. ‘n Arnette blou raam met ‘n deursigtige ‘swirl’ tussendeur.

Toe ek jonger was het ek kontaklense oorweeg, maar my bril het so ‘n deel van my geword dat ek nou nie sonder ‘n bril wil wees nie. My nuwe bril gee my selfvertroue en pas by my leef- en klerestyl. Ek kry ook komplimente. Mense sien dit raak en lewer kommentaar soos ‘Ian, ek hou van jou bril. Dit pas by jou.’

Adele en haar span by Spectacle World is die beste!”

blank

IAN DU TOIT

“Ek het ‘n oogtoestand wat my sig baie verswak het, en is afhanklik van leesbril asook ‘n bril vir verder sien. ‘n Bril gee mens jou lewe terug. Vir my as boekwurm veral gee dit my grootste stokperdjie terug … om te lees met genot. Dit help my met my werk ook: Ek doen baie oplees en naslaan werk, dikwels uit ou dokumentere met klein, moeilik leesbare skrif; met my nuwe bril ervaar ek nie meer oog-uitputting nie. 

“‘n Mooi raam wat my persoonlikheid uitdra gee mens selfvertroue.  Ek voel ook dat beide brille ‘n verlengstuk van myself is. Dis nie net ‘n mode-ding of iets met ‘vanity’ te doen nie. Bril koop was altyd ‘n ergernis vir my – te veel keuses, maar niks wat my werklik opgewonde gemaak het nie!  My Spectacle World ervaring – elke stap – was een groot opwinding en heerlikheid. 

“Dit was ‘n gerusstellende gevoel om deur ‘n proses te gaan met kenners wat jy kan vertrou vir hul professionaliteit, maar ook hul menslikheid. Die vraelys neem soveel van die raaiery weg en help mens om uit die beste opsies te kies. Om uiteindelik te kan kies uit ‘n kortlys van uitstekende keuses was ‘n baie goeie gevoel. Elke opsie sou die regte keuse wees! Vir dié eerste keer ooit het ek nie agterna ‘buyers regret’ gehad nie. Ek sal nooit weer na iemand anders toe gaan vir my brilbehoeftes nie.

“Ek het ‘n leesbril én ‘n ‘bi-focal’. Die leesbril se rooipienk moderne ‘cat eye’ pas my styl, en my ‘signature’ lipstiffie, soos ‘n handskoen. My bifokale bril se besonder vleiende kleurkombinasie van pers en groen is só uniek. Die groen is die kleur van my oë en die raam self is ‘n ware ‘statement’. Die oomblik wat ek my nuwe brille opgesit het, het dit gevoel asof dit spesiaal net vir my ontwerp en gemaak is.

“Jy het geen idee hoeveel komplimente ek kry nie. Daar gaan nie ‘n dag verby wat iemand my nie komplimenteer oor my bril nie. Ek het al selfs mense gehad wat selfies met my brille geneem het!  Ek hou altyd Spectacle World se besonderhede byderhand, want almal wil weet waar ek my brille kry.

“Daar is iets baie spesiaal aan Adele en haar span. Hulle is my bril familie. Veral omdat ek oogprobleme het, is dit só waardevol dat ek hanteer is met omgee, tesame met die gevoel dat ek in sulke uitstekende professionele hande is. Dis ‘n langtermynverhouding wat gebou is.”

blank

ERRIEDA DU TOIT

Author. TV content producer. Radio presenter.