You are currently viewing Goeie sonbril bied ekstra beskerming vir jou oë

Goeie sonbril bied ekstra beskerming vir jou oë

Denique Smith

Met die somer om die draai en blootstelling aan sonlig wat toeneem, is die keuse van ‘n sonbril nie net ‘n modekwessie nie, maar ook ‘n belangrike stap om jou oe teen skadelike UVstrale te beskerm. Adele Camarena, oogkundige en eienaar van Spectacle World, beklemtoon die noodsaaklikheid van ‘n sonbril wat UVA en UVBstrale volledig versper. “Jy het ‘n sonbril nodig wat 100% van sowel UVA as UVBstrale blokkeer. Soek vir etikette met die bewoording UV400, wat beteken dat die lense volle beskerming teen ultravioletlig tot 400 nanometer verseker. Betroubare handelsname bied gewoonlik hierdie versekering. As jy twyfel, kan jy ook jou sonbril na ‘n oogkundige neem om die lense vir UVbeskerming te laat toets. “Vir mense wat baie tyd buite deurbring, veral naby of in water of agter die stuur van ‘n motor, word gepolariseerde lense sterk aanbeveel. Die lense verminder die glans deur lig wat van oppervlakke soos paaie, water of sneeu weerkaats word te filtreer. Dit bled nie net beter sig nie, maar verminder ook die stremming op jou oe,” verduidelik sy. Volgens Camarena kombineer ‘n voorskrifsonbril visiekorreksie met UVbeskerming, wat dit ‘n uitstekende opsie maak vir diegene wat ‘n bril dra. “So ‘n bril bled dieselfde beskerming as ‘n gewone sonbril en kan ook gepolariseerde lense insluit vir ekstra glansvermindering.” Verskillende aktiwiteite vereis spesifieke kenmerke in sonbrille, voeg Camarena by. “Gepolariseerde lense is ideaal vir wanneer jy bestuur, aangesien dit glans van die pad af verminder. Vir sportdeelname bied omvourame beter beskerming en dit bly beter in posisie. Vir buitelug aktiwiteite is liggewig, duursame rame met hoe UVbeskerming die beste opsie.” Wanneer dit kom by die koop van ‘n sonbril, is die raamgrootte en vorm, gemak en beskerming alles sleutelfaktore, se Camarena. “‘n Groter raam bedek ‘n groter gedeelte van jou gesig en bled dus beter beskerming. Dit is ook belangrik om ‘n raam te kies wat gemaklik op jou neus en ore pas en jou nie knyp nie. Jou persoonlike styl en aktiwiteite sal ook ‘n rol speel in jou keuse.”

Hoe gereeld vervang jy jou sonbril?

Sonbrille moet vervang word as die lense gekrap of beskadig is, aangesien dit die beskerming en doeltreffendheid kan verminder, se Camarena. “Indien die tint vervaag of die UVbeskerming verslyt wat mettertyd kan gebeur is dit tyd om in ‘n nuwe sonbril te bele. Met behoorlike sorg kan jou sonbril ‘n paar jaar hou. “Om die lewensduur van jou sonbril te verleng, maak dit gereeld met ‘n mikrovesel’apple en lensskoonmaker skoon om krapmerke te voorkom. “Were jou sonbril in ‘n beskermende houer wanneer jy dit nie gebruik nie, en vermy blootstelling aan uiterste temperature, soos om die bril in ‘n warm motor te los, aangesien dit die raam en lense kan beskadig.” As jy jou sonbril nog hanger doeltreffend wil laat werk en duursamer wil maak, is lense met ‘n krapbestande of spieelbedekking ideaal, asook ‘n laag wat weerkaatsing verminder. “Krapbestande lense verseker ‘n langer lewensduur, terwyl antireflektiewe bedekkings glans van lig wat van die binnekant van die lense weerkaats, verminder. ‘n Spieelbedekking bied ekstra beskerming deur meer lig weg te weer, wat nuttig is in bale helder toestande.

Jy kan jou sonbril se lewensduur verleng wanneer jy dit reg versorg.

Foto: DAN PHOTOGRAPHY